Thursday, December 29, 2005

Ag -***

Nederlands het sekerlik die grootse bydrae tot die afrikaanse taal gemaak en eers as mens die antieke germaans belangstellend lees- navors klink so belangrik- en sien hoe dit in engels en sweeds voortleef verstaan mens die ingeweefdheid van my moedertaal. Dan het mens nog nie eers die veelkleurigheid van die kaapse konneksie aangeraak nie.

Ek het die volgende begrippe nie by my moeder geleer nie maar gelukkig darem 'n kleurvol- genoeg lewe tot nou toe gehad om lekker daaroor te glimlag.

Of dit werklik deur die Proffessor Combrink geskryf is, dat wiet ik niet, maar die volgende stukkie het in my e-in-mandjie geland en ek moes dit net deel.

Hiermee 'n pennevrug van Prof. Johan Combrink, voormalige Voorsitter

van die Taalkommissie van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns.

DIE UNIEKE AFRIKAANSE WOORD "FOK"

Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die

leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy

klank, vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.

Fok is een van die min woorde wat die funksie van so te sê alle woordsoorte

kan vervul.

Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as

onoorganklike werkwoord (Aag fok), as bevel (Fok dit!), in die

bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy gefok),

as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok, opfok,

uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens. of as stam van

'n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).

As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie 'n fok om nie), of as

persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?), as

nabepaling by 'n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de fok,

ens.), as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd vandaan kry?), as

bywoord (Dis nou 'n fokken mooi grap), en as uitroep (O fok!).

Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in himself

ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).

Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende

situasies te beskryf:

Verrassing Hoe de fok gaan dit met jou?

Bedrog Die motorhawe het my befok.

Ontsteltenis Ag fokkit!

Moeilikheid Nou is ek in my moer in gefok.

Aggressie Fok jou!

Onvermoë Hoe de fok moet ek dit regkry?

Walging Fok my!

Wanbegrip Ek fokken verstaan nie.

Inkompetensie Hy fok alles op.

Gesag Wat de fok dink jy doen jy?

Verdwaal Nou weet ek not 'n fok waar ek is nie.

Oortuig Onge-fokken-twyfeld.

Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of omstandighede

(Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken

Smuts),

of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in fokken

Durban),

of dit kan die siel van 'n uitnodiging wees wat van hartlikheid drup

(Fok u!).

Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard!

(Prof. Johan Combrink, voormalige Voorsitter van die Taalkommissie van

die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns)

Comments:
Vok, ek hoop nie een of anner fokker sue die vokken klere van my vokken gat af nie ;-)

Konteks- lees asb die konteks
 
Wel, indien mens die Internet nalees oor Prof Combrink blyk dit dat hy 'n ywerige skrywer was Ek het die volgende op http://www.stellenboschwriters.com/combrink.html oor hom gekry:

Johan Combrink
1939 - 1999

Linguist and author of academic books
Professor of Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University
and part-time lecturer at the Department of Journalism until 1995

Johannes Gert Hendrik Combrink was born on 2 May 1939, at Westdene near Johannesburg. He matriculated from High School DF Malan in Johannesburg in 1955 and studied languages (Afrikaans and Dutch, German and Sesotho) at the University of Witwatersrand (BA 1958, BA hons in Afrikaans-Dutch, both cum laude, 1959) and obtained a D Litt et Phil at the Municipal University of Amsterdam, cum laude, in 1962. In 1966 he received a PhD from the University of Pretoria, cum laude, with the thesis: Betekenis en Sintaksis.
Postdoctoral studies: Universities of London and Cambridge, University of North Carolina, Catholic University of Louvain, PJ Meertens Institute in Amsterdam and University of Maryland.
Academic Career:
Temporary junior lecturer in Afrikaans and Dutch, University of the Witwatersrand 1959-1960
Lecturer in Afrikaans and Dutch, University of Natal, Pietermaritzburg, 1963-1964
Senior lecturer in Afrikaans and Dutch, University of Natal, Durban, 1965 - 1970
Professor in General Linguistics, University of Port Elizabeth, 1971-1974. Head of the Department
Professor in Afrikaans Linguistics, University of Stellenbosch, 1975 to 1995
Head of the Department for three periods of three years each
Together with his colleague, Johan Spies, he contributed regularly to a newspaper column on Afrikaans language and style: Ons Taalgereedskap and later: Taalskatkis.
He was Chairman of the Taalkommissie (Afrikaans Language Commission) of the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) and it's Terminologiekomitee. He produced programmes on Afrikaans for broadcasting (Radiosondergrense) and TV (SAUK).
Following his retirement Johan Combrink was concerned with the Stigting vir Afrikaans and served as project leader of Vriende van Afrikaans, which he helped install. He was also a founding member of the South African Translation Institute.
He enjoyed playing with words, gemstone cutting, calligraphy, philately and meeting friends.
Johan Combrink's students gave him the nickname 'Deepthroat'. He was married to Louise, a senior lecturer in Afrikaans and Didactics in the Faculty of Education, Stellenbosch University and now chairman of Vriende van Afrikaans. They had three children: Herman, Freja and Wienand. Johan Combrink died on 25 July 1999, at Stellenbosch.
Johan Combrink was 'n moderne Afrikaanse taalreus van wie die bydraes en impak nog behoorlik beskryf moet word.
Karel Prinsloo
Awards and Honours:
CJ Langenhoven Prize for Afrikaans and General Linguistics 1991 and (posthumously) 2000
Linguistic Society of Southern Africa Prize for the best SA textbook on linguistics 1992

Books:
Afrikaanse Morfologie, 1990
Daar is 'n spreekwoord wat sê, Van Schaik, 1993
Sakboek van regte Afrikaans (Co-author: Johan Spies), Pharos 1994
Hoe om paragrawe te skryf, Tafelberg, 1995
Spreuke, wyshede en woordspelings, Van Schaik, 1995 Retrograde woordeboek (co-author), Buro van die WAT, 1996
'n Kwartduisend spreuke, Quellerie, 1996
Die tweede kwartduisend spreuke, Quellerie, 1998
Kwinksinnig, Tafelberg, 1998
Afrikaanse etimologie (co-author), published after his death by WAT
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]