Tuesday, December 06, 2005

The Final - as experienced in Brisbane


Koos- who is our resident Cheetah fan in Brisbane, after persistant harrasment by OORB, had graced this site with his experience of the 2005 CC Final

*********

Oranje Orakel, 'n kort storie oor die CC finaal van my kant af, alles waar natuurlik!

Nou moet julle mense onthou, dit gaan nou al 'n laaaang pad terug! Ek kan nou nie se ek onthou 1976 nie maar ek was daar toe Rampie oorgeval het na hy omtrent die lente van die veld gehardloop het net vir die ref, wat van doer af aangedraf gekom het, om te se dat hy 'kort' geval het. Omtrent 9.5m kort van die doodlyn maar ten minste 'n halwe meter oor die doellyn. En as julle my nie glo nie vra bietjie vir Gerda by die Vrystaat se kantore om die foto vir julle te wys. Hy is net langs die een waar Oom Steve hom later omhels en se dit is OK, daar is altyd 'n volgende keer!

Ek was ook daar toe daai sening met die blou trui, Pierre Spies, die bal 'aangeslaan' het en die wendrie gaan druk het, dit is die dae toe 'n 'fumble' nog as 'n aanslaan gesien is, behalwe die keer! Dit was alles in die sewentigs.

Later was ek ook daar toe Ollie met sy "OFS" hare op Springbokpark uitgedraf het, ons praat nie veel oor daai een nie en hoewel ek nie op Nuweland was in 1997 kan ek soos gister onthou hoe ons almal in die lug gespring het met die laaste aangee net om die wind heeltemal uit die seile te haal 'n paar sekondes later. Sjoe dit was amper en ek onthou ook nog hoe Attie filisofies gese het so 'n paar minute later: "Oh wel boys, nou het ek ook darem gevoel hoe dit voel om die Currie Beker te wen....al was dit net vir 'n paar sekondes." Dit was hartverskeurend en die boys het maar stil stil nog 'n sluk uit hulle blikke gevat.

Ek is kort daarna landuit en van toe af was my CC ondervindings maar bedroewig, wat kyk aan betref in elk geval. Niks sou my keer om dit steeds te volg nie al was dit net berigte en telling op die internet. Die vrou kon nooit verstaan dat ek middernag kan opstaan net om vinnig ''n score the check' nie, miskien eendag.

Met tyd het die webblaaie wat inligting verskaf darem redelik gegroei, mens kon selfs die wedstryd op die radio volg en all up is dit nie te sleg nie.

Na verlede jaar se teleurstelling het ek die jaar maar soos enige ander jaar weer gehoop(en soos die tyd aanskuif is dit omtrent al wat oorbly) die Vrystaat sal weer goed vertoon. Met 'n nuwe afrigter het ek rerig nie enige wonderwerke verwag nie. So met die tyd saam het die resultate nie sleg gelyk nie maar toe ons by die rerige harde wedstryde kom het dit van 'n afstand maar nie te waffers geklink nie. Wel ten minste haal ons weer die semi finale en dit is net die Weepee so ons moet 'n kans staan om die finaal te haal. WHOOPIE we did it again.

Nou hier aan die onderkant van die wereld gee hulle nie veel om vir die CC nie met 'n wedstryd of twee so in die volgende week en die finaal gewoonlik lewendig, maar nie die jaar nie!!! Anyway, ons het net getrek en die Fox was nog nie gekoppel nie so ek sal maar weer die goeie ou RSG moet opsoek.

Nou moet julle mense verstaan, die wedstryd begin 1uur die oggend hier maar niks sou my weghou nie, kinders en vrou slaap en ek is reg met die rekenaar aan, internet gekoppel an die oorfone reg vir gebruik. Luister maar bietjie musiek terwyl ek wag en dink oor my span se kanse. Wel dink ek, as ons kan vasbyt tot halftyd dan moet ons 'n kans staan. As ons dan naby is moet ons net eenvoudig eerste score om in die wedstryd te bly, as, as, as ens dink ek aan alles.

Uiteindelik begin die wedstryd en dit is hierna toe en daarna toe maar dit klink half of die Bulle in beheer is, maar die Cheetahs bly darem naby! Halftyd 12-9 en ten minste is ons nog in die ding. Nou moet ons net vinnig score in die tweede helfte...aaaaaag f**********k! Verkeerde span en die dissipline hardloop saam met ons kanse by die deur uit. EN 'N STRAFSKOP!!! NEEEEEE! En reg voor die pale volgens die kommentators...

Nou moet julle mense weet, ek luister na RSG en tersefde tyd ploeter ek rond op daai ander site wat toemaak vir krismis! Soos die radio link maar werk verloor ek dit elke dan en wan wanneer die buffer bietjie stadig raak, nie te panic nie. Die keer vat dit egter 'n bietjie langer en 2.30 in die oggend is jy nou nie lus vir sulke gemors nie. In my kop dink ek al klaar aan 22-9 as hulle weer terug op lyn is en nog 'n jaar gone vir my span. Besluit toe maar om keo te 'refresh' en boem, NIKS. 'Connection error', vet RSG boem, NIKS 'Connection error', Blikskottel, 'disconnect', 'reconnect', NIKS. SHIT, rekenaar af en aan, NIKS. Nou loop dit al 3uur se kant toe, my span was laas 22-9 agter en die eindfluitjie gaan enige oomblik blaas, moet ek moeite doen om net te hoor hoe my span verloor het? Wel hoekom nie, probeer weer alles maar NIKS! Wel, dit is laat, ek is moeg en my span het verloor, so bed toe is die beste opsie, miskien 'n laaste bier, nee, sal net bitter wees, bed toe!!

Volgende oggend dink ek om vinnig die finale telling te check maar besluit daarteen, masogis is ek ook darem nie, in elk geval te veel om te doen om die huis...

So daag ek Maandag op by die werk en beluit ek kan dit seker nie verder uitstel nie......

WAT!

En mense, dit is toe dat ek stilletjies 'n traan pik hier by myself, by die werk met niemand om my nie(gelukkig was ek vroeg in), die wag was die moeite werd en al kon ek dit nie eerstehands sien nie sal dit my baie lank bybly, Ek weet al die Vrystaters het saam met my gevoel...

Comments:
Lyk vir my asof Helkom en Telstra dieselfde probleem het.

Koos is jou electronics nou uitgesort?

Hoop RSG en OORB kan 11 Februarie vir jou 'n beter ondervinding gee.
 
Ja boet

dis nou maar so, dis darem een van die dae 2006- dan begin alles maar weer van voor af.

Bly jy is hier
 
koos

Dit is goed om weer die ou stories te lees. Pierre Spies is vanjaar oorlede. Sy seun maak opgang as 'n vleuel vir die Bulle.
 
OO

Ek dink jy het 'n goeie idee beet. Wanneer almal terug is van vakansie behoort daar baie belangstelling te wees. Ek sal help waar ek kan. Sal 'n paar tong in die kies bydraes lewer oor rugby-veral met 'n Vrystaat klankie.

Elke provinsie het maar sy probleempies. Myns insiens is die Vrystaat se grootste probleem die geheel van die bestuur. Uiteraard Rassie uitgesluit. Die Theo Oosthuizen debakel het negatiewe gevolge vir 2006. Die grootste probleem is egter die aanstelling van ene Pine as die Vrystaatse Onder 21 afrigter en talent soeker. OHOPOHO.

Meer hieroor later.
 
Koos

Ja dit klink asof daai mannetjie wil jol.

Sors

Dankie

Sien uit na jou bydraes
 
Koos

Theo Oosthuizen was die Shimla afrigter en dit lyk asof hy 'n hele rukkie op die sly vir die Sharks "gegraft" het.

Hy het 'n Sharks aanstelling as "Hulpafrigter" gekry en toe met so 9 van die beste Shimlas- Natal toe verdwyn.

Die volgende riller storie is die oor "Pine Pienaar" nie die ou van Adidas nie- hulle is mos maar almal pine- maar Sors sal daaroor 'n storie skryf.

PS. Het jy vir Rampie goed geken?
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]