Friday, December 02, 2005

Voorbereidings vir Cheetahs



wen Kok, sport verslaggewer van Volksblad berig op 2 Desember as volg in die gemelde koerant;

“Die Vodacom-Cheetahs se Super-14 kragmetings begin amptelik op 10 Februarie wanneer hulle teen die Bulle op Vodacompark te staan kom. Maar hulle maak litte los in drie oefen –wedstryde – twee in Suid-Afrika en een in Perth, Australië.

Op 14 Januarie kom mnr. Rassie Erasmus(hoofafrigter) se span teen die Suidoos-Kaap se Super 14-span in Port Elizabeth te staan, op 21 Januarie kruis hulle swaarde met Australië se Western Force in Perth, voordat hulle terug vlieg om op 28 Januarie teen die Italieaanse span Benneton in die Noordwes-stadion in Welkom te speel.

“Ons wou aanvanklik in Argentinië getoer en daar drie wedstryde gespeel het, maar dit het toe nie so uitgewerk nie. Ons wou egter steeds ons drie oefenwedstryde inkry,” het mnr Naka Drotske, spanbestuurder van die Vodacom-Cheetahs, gesê.

Die wedstryd in Perth gaan ‘n interessante een wees, aagesien dit die reeks se twee nuwelinge is wat mekaar die stryd aansê, volgens Drotske, kaptein van vanjaar se Curriebeker-wenspan.

“Al drie die wedstryde gun spelers die geleentheid om te wys waartoe hulle instaat is, want al 15 posisies moet nog gevul word”

Dit sal Erasmus ook ‘n aanduiding gee van watter kombinasies werk en watter nie”

Ek dink na die wedstryd teen die Western Force behoort ons presies te weet waar ons staan ten opsigte van ons voorbereiding,” het Drotske gesê.

Die wedstryde behoort ook vir Erasmus ‘n aanduiding te gee van hoe goed hy daarin geslaag het om drie unies se spelers as ‘n span te laat funksioneer Hy het die week basies van voor af begin bou aan ‘n span wat die streek in die Super 14-kompetisie moet verteenwoordig en moet terselfdertyd toesien dat hulle nie in hulle eerste seisoen uitgeskakel word nie.

Die Suid Afrikaanse span wat laaste in die reeks eindig, maak plek vir Suidoos-Kaap se bedryfsreg vir twee jaar.”

&&&

Wat vir Oranje Orakel Rugby Blog(OORB) baie interessant is met die aanstelling van Naka Drotske as span bestuurder van die Vodacom Cheetahs, is die feit dat Rassie Erasmus hom alhoemeer met sy eie-“tried & trusted” omring- sterk persoonlikhede wat baie onlangs nog self groot rugby gespeel het,

So het hy ook vir die oud-bok Franco Smith aangestel as Hulp Afrigter asook David Maidza- wat onlangs nog vir Grens-Bulhonde uitgedraf het. Dit is ook verder OORB se mening dat Gavin Passens nie net vir sy kwaliteite as speler aangestel is nie maar dat sy blootstelling aan beide die Super-12 kompetisie en die Blou Bul span se georganiseerde opset, waarde vir die Vodacom-Cheetahs in die 2006 seisoen sal toevoeg. Die waarde hiervan op die “jong’ span se vermoeë om druk in die 2006 seisoen te verwerk moet nie geringskat word nie.

Verder kan verwag word dat die spelende “ou manne” soos Os du Randt en Ollie Le Roux ook ‘n belangrike rol gaan speel in die geestelike voorbereiding van die span.

Alhoewel al 15 posisies nog nie gevul is nie- moet die naam van Ryno van der Merwe, as agsteman en kaptein sekerlik oorweeg word. Hy het homself oor die afgelope paar seisoene as ‘n uiters waardevolle speler in die Cheetah span gevestig en ook as die mees onderskatte speler in SA rugby. Enige argumente teen die stelling wil OORB met die nodige minagting na ‘n deeglike kykweer van die 2005 CC finaal verwys.

Die Suidoos-Kaapse span het intussen hul identiteit bekend gemaak en staan bekend as die Southern Spears. Sien vorige berig op OORB en link na website. Weereens is dit ‘n geval van ‘n groot verwagting wat daar gestel is, maar dit is die mening van OORB dat dit wat tot nou toe deur die Spears se bestuurspan onder leiding van Tony McKeever voorgelê is, indrukwekkend is en soos ‘n vars & fris briesie( waarvoor PE bekend is) besig is om oor die SA Rugby landskap te waai.

OORB het vroeër vandag- probeer om meer besonderhede van die Cheetahs se vakansie oefen program te verkry maar die administratiewe kantore was reeds vir die feesgety gesluit. Sien meegaande berig.

GROM SAAM- GO VODACOM CHEETAHS- GO SUPER 14 !!

Comments: Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]