Monday, January 30, 2006


Hierdie storie vanaf www.volksblad.com


Ollie en Os ruik kruit teen Bulle
Jan 29 2006 10:09:36:277PM - (SA)
Hendrik Cronjé

WELKOM. – Noem die naam Bulle en dit is asof Ollie le Roux kruit ruik, die bloed kan proe en die adrenalien voel pomp.
Gooi die naam van Os du Randt sommer in dieselfde hoed as Le Roux s’n.
Dit is asof dié Bok-loskopstutte as ’t ware hul peil met minstens 30% verbeter wanneer hulle teen die Bulle speel of met hul voorbereiding vir die Vodacom-Cheetahs se rugbywedstryd teen die Noord-Gautengers besig is.
Saterdag se Cheetah-sege van 52-11 hier oor die Italiaanse kampioenspan, Treviso, is ’n sprekende voorbeeld van Le Roux-hulle se verbeterde vorm.
Mnr. Rassie Erasmus (breier) glimlag ook breed oor Wian du Preez (loskopstut) se inklimspel teen Treviso voordat die Cheetahs op 10 Februarie in Bloemfontein in ’n Super 14-wedstryd teen die Bulle op die veld draf.
Erasmus het Le Roux egter ná die wedstryd teen Treviso uitgesonder.
“Ollie is ’n speler van wêreldgehalte.
“Hy kan in enige posisie in die voorry sak,” sê Erasmus.
“Ollie het in die laaste drie wedstryde (met CJ van der Linde wat beseer is) op vaskopstut gespeel en hom goed van sy taak gekwyt.
“Sy houding is van groot waarde vir die span,” sê Erasmus.
Van der Linde behoort vandeesweek weer volstoom aan die Cheetah-oefeninge deel te neem.
“ ’n Mens moet onthou Ollie het in 1994 op haker vir die Bokke gespeel. Sy toegewydheid is ’n voorbeeld vir die res van sy spanmaats.
“Hy is ’n ongelooflike speler,” sê Erasmus.
Die Cheetah-skrumwerk was uitmuntend teen Treviso, en Du Preez, Le Roux en Du Randt het ’n groot bydrae gelewer. Du Randt se plettervatte het ’n mens boonop aan sy goeie peil in 1995 herinner.
“Ons skrums was nie goed teen die Western Force nie, maar ek het altyd geweet ’n agttal kan sy krag en tegniek nie oornag kwyt wees nie.
“Ek dink dit was ’n geval van swak konsentrasie teen die Western Force.
“Daar was nie baie skrums teen Treviso nie, maar ons het op hul ingooi goeie druk op hulle geplaas,” volgens die Cheetah-breier.
Le Roux het sy waarde reeds in verlede jaar se Curriebeker-eindstryd beklemtoon.
Hy is ’n speler wat sielkundige houe kan uitdeel, maar terselfdertyd bereid is om sy wang te draai as hy aan die ontvangkant is. Hy weet presies hoe om die vonk aan sy spanmaats op belangrike tye in die wedstryd te verskaf.
Ná drie oefenwedstryde bestaan min twyfel dat die Cheetah-stutfaktor, met Le Roux aan die voorpunt, ’n groot faktor in die Super 14 sal bly.
Die taai mededinging wat Du Preez aan dié twee Bokke op loskopstut bied, sal verder verseker dat Le Roux en Du Randt se aandag nog nie op hul pensioengeld gerig word nie, maar eerder om die man in die saal in die nommereen-trui te wees.

Comments:
RuggaWorld board

Will remove Ruggaworld pic

Just posted it by error late last night- then blogger went bang on me as usual
 
Hope Vleis comes around

Will try to get a pic of Ollie smoking on the Roftus stoep
 
op die wysie van Worsie Visser se OSbraai op Kromdraai

En . Cheetahs hou bulbraai op beloftus

Almal vreet saam

van heinde en verre cheer almal saam

Ollie trek 'n havana op die Blou Bul se stoep

ver innie verte, 'n Super 14 wat roep

GROM SAAM- GO VODACOM CHEETAHS-GO SUPER 14
 
Ek wonner of Aldo & Bloembull iets hierop te se gaan he
 
Howzit Aldo

Ek het die foto op die thread verander

Of bedoel jy my eie pic?

Ag ek moet darem 'n bietjie gekskeer- het baie flak verlede jaar gevat.

Maak nie saak hoeveel beserings julle het nie- dit bly 'n 50/50 game

Die gevoel in Bloem is dat die bulle sonder Matfield ligter in die lynstane is maar 'n beter span is.

Sien ook baie uit na die game.

Hoop BloemBull maak ook sy verskyning- will graag sy weergawe hoor.
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]