Tuesday, January 31, 2006


These articles from www.volksblad.com



‘Cheetah-span beïndruk meer’
Jan 31 2006 02:15:06:847AM - (SA)
Herbert Pretorius

KAAPSTAD. – Die Vodacom-Cheetahs is meer indrukwekkend as die Stormers en die Katte, sê mnr. Pieter de Villiers.

Dié rugbyafrigter van die Suidelike Spiese se streekspan het in losmakers teen die Cheetahs, Katte en die Stormers gespeel.


Ofskoon De Villiers se span teen die Stormers die grootste van sy nederlae in sy kragmetings met Suid-Afrikaanse Super 14-spanne gely het, beskou hy mnr. Rassie Erasmus se hartlandspan as die indrukwekkendste.

“Wat my betref, was die Cheetahs die bes georganiseerde en gestruktureerde span.

“Hulle het met groter doelgerigtheid gespeel en het die basiese aspekte van die spel beter onder die knie gehad,” sê De Villiers.

Die Stormers sal hul dissipline blitsvinnig moet opknap of dít gaan hulle duur in die Super 14-reeks te staan kom.

Heel ironies is dit die mening van ’n afrigter wie se span die naweek in Wellington kwaai gestraf is weens húl ongedissiplineerdheid.

De Villiers glo die Stormers het deurgaans met moord weggekom in hul oorwinning van 73-5 oor die Suidoos-Kapenaars.

“Die skeidsregter (mnr. Marius Jonker) het die Stormers geen gunste bewys deur hulle nié te straf weens hul knaende oortredings in die losskrums en -gemale nie.

“Die Stormers het die bal deurlopend op die grond gespeel en boonop van die kante af ingestorm gekom. Oorsese skeidsregters het hulle in die verlede met heelwat kaarte vir presies dieselfde oortredings gestraf.

“Ongelukkig het my spelers weens die Stormers se ontoelaatbare spel die josie in geraak en is húlle gestraf.

“Toe al ons spelers op die veld was, het die Stormers min deurdringingsvermoë getoon. Trouens, die druk op hulle is eers verlig toe hulle teen minder spelers te staan gekom het.

“Die Stormers se agterlyn, met al sy Springbokke, het aanvanklik ook nie hond haaraf gemaak teen ons nie.

“Die Katte se grootste probleem lê by die verdediging van hul agterlyn. In hul wedstryd teen ons, was dít uiters verdag.”

De Villiers, wat die Suid-Afrikaanse o.21-span verlede jaar tot Wêreldbeker-glorie help voer het, het ook ’n mening oor die Stormers se veelbesproke vaste vyf.

“Hulle was nie sleg nie, maar gaan nie sommer ander pakke in die Super 14-reeks oorheers nie. En dít is kommerwekkend, want as die pak nie vorentoe gaan nie, gaan ’n aanvallende haker soos Schalk Brits ook aan bande gelê word.”

Volgens De Villiers is dit ook problematies dat die Stormers se buite-agterspelers te min besit op die voorvoet kry.

“Die buite-agterspelers kry die bal onder druk en vind dit dan moeilik om iets uitgerig te kry. Dít was verlede jaar ook Westelike Provinsie se probleem.

De Villiers meen ’n deel van die probleem lê ook by Peter Grant.

“Hy gee eenvoudig nie genoeg rigting aan die agterlyn nie. Dit vertel buitendien ’n storie as die span wat met krummels vir besit tevrede moet wees se losskakel die grootste indruk maak.”

De Villiers het hier verwys na Isma-eel Dollie, voorheen van WP, se blink vertoning teen sy meer geroemde teenstanders.

Dié uitgesproke breier wou nie ’n mening oor die Bulle en die Haaie se kanse in die Super 14-reeks huldig nie, aangesien hy hulle nog nie vanjaar in aksie gesien het nie.

Oranje Orakel lees elke oggend die Volksblad. teken sommer vandag in en kry elke oggend jou eie koerant op jou voorstoep

NOTA: DIE VOLKSBLAD ONDERSTEUN OF ONDERSKRYF GLAD NIE DIE MENINGS VAN OORB OF SY LESERS NIE

Comments:
Transvaal

Welkom op OORB

Ek stem saam oor die waarde van die opwaremswedstryde- 'n mens moet nie te veel daarin lees nie.

Die woensdag aand game gaan interessant wees.

Ek hoop dat Wiekus sy manne gaan kry om 'n grote te speel.

Ek rate hom helhoog- sal hom eerder as Schalk Burger saam met Jean en nog een verskeislik 'n rerige fetcher in groen wil sien- DavidS sou nogal hier Cobus grobbellar genoem het

BTW dankie vir die twee slotte- hulle is ysters.
 
Harsingskudding is lelik

Yip Barend is al 'n rukkie 'n Cheetah

en is ek bly daaroor

Daai ou is 'n Yster
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]