Tuesday, January 31, 2006

This is a very interesting article on the possibilities of using broadband to promote the game of Rugby Union - especially on club level - to a worldwide audience. It is from Rapport- cut & pasted in order to stimulate public debate

NOTE: RAPPORT DOES NOT SUPPORT OORB OR OORB READERS VIEWS


28/01/2006 17:26 - (SA)
Telkom sit TV-aas aan sy hoek om breëband uit te brei
DAVID VAN ROOYEN

Telkom het nie aspirasies om hom as 'n televisiemaatskappy van formaat te vestig nie, maar soek eerder maniere waarop hy die gebruikers van breëbandtegnologie kan aanspoor om die bandwydte tot hul beskikking baie meer te gebruik.

En wêreldwyd is die ervaring dat die beskikbaarheid van mediadienste soos televisie, musiek en radio een van die suksesvolste maniere is om die benutting van breëbandtegnologie te bevorder.

Só sê mnr. Ricus Matthyser, die uitvoerende amptenaar van Telkom se afdeling vir nuwe sake, oor die nuus dat Telkom begin het met 'n aanvoorprogram om die lewensvatbaarheid van televisie-uitsendings oor Telkom se ASDL-breëbandlyne te toets.

Volgens hom gaan die toenemende gebruik van die bandwydte noodwendig daartoe lei dat die koste verbonde daaraan verminder.

Sowat 300 mense neem deel aan die aanvoorprojek wat Telkom saam met Microsoft en Alcatel onderneem.

Matthyser sê ervaring wereldwyd het reeds getoon dat die gebruik van breëbandtegnologie besonder geskik is vir mediadienste omdat dit baie meer geleenthede skep vir interaktiewe deelname deur die gebruikers as byvoorbeeld satelliettegnologie wat tans op groot skaal in Suid-Afrika gebruik word.

Die beskikbare tegnologie sal dit nie net vir gebruikers moontlik maak om toegang tot 'n onbeperkte getal televisiekanale te kry nie, maar die gebruiker sal onder meer na rolprente van sy eie keuse kan kyk wanneer hy wil en self kan besluit na watter televisieprogramme hy wil kyk en wanneer, ongeag van die skedule van die kanale wat die programme uitsaai.

En dan praat 'n mens nie eens van die magdom gebruike soos om na musiek en radioprogramme van jou keuse te luister, en musiek af te laai wanneer jy wil nie. "En jy kan na die musiek in surround sound op jou tuisvermaaksentrum luister, en nie meer oor die rekenaar se luidsprekers nie."

Die uiteinde gaan wees dat die gebruiker uiteindelik teen 'n billike prys 'n enkele pakket kan koop wat aan hom telefoondienste, internettoegang en unieke mediadienste sal bied.

Hoewel Microsoft en Alcatel betrokke is by die toetsprogram, is hul deelname gegrond op verskaffingskontrakte. Albei is groot verskaffers aan Telkom.

Microsoft se Media Centre-programmatuur is ook die instrument waarmee verbruikers se rekenaars en ander toerusting uiteindelik verbind gaan wees aan die netwerk waarop die mediadienste beskikbaar is.

Telkom het reeds in samewerking met Mecer besluit om die Media Centre, wat 'n rekenaar insluit, gratis te verskaf aan die sowat 6 000 gebruikers van Telkom se gevorderdste breëbandpakket om dit vir hulle moontlik te maak om met hul breëbandwydte toegang tot mediadienste te kry.

Matthyser sê die aanvoorprojek is nie soseer daarop gemik om te kyk of so 'n projek tegnologies lewensvatbaar is nie, want "ons weet reeds dat die tegnologie elders werk".

Die doel is eerder om te bepaal in watter mediadienste Suid-Afrikaners belang stel en of dit lewensvatbaar is om dié dienste vir hulle te bied.

"Ons soek aantwoorde op vrae soos of dit nog nodig is om 'n televisiekanaal wat rolprente uitsaai beskikbaar te stel, as die verbruiker sy eie rolprente uit 'n biblioteek kan kies."

Oor die vraag of Telkom sy eie programme gaan uitsaai, of sy netwerk vir iemand anders beskikbaar gaan stel, sê Matthyser dat besluite soos dié nog ná die aanvoorprojek geneem moet word.

" 'n Mens sal moet aanvaar dat Telkom minstens sekere uitsaaigeriewe sal moet inrig om die mediadienste te lewer en dat dit miljoene rande se beleggings sal vereis."

Hy sê Telkom gesels reeds met die televisiegroepe in Suid-Afrika, terwyl hy ook al talle aanbiedings gekry het van ander partye wat inhoud wil verskaf.

Claassen sê die ervaring in die buiteland het getoon dat van die groot telekommunikasiegroepe in Amerika en Europa, wat reeds televisie oor breéband beskikbaar stel, besluit het om die televisie-uitsendings self te bestuur.

So het die Amerikaanse groep SBC, wat tot onlans 'n aandeelhouer in Telkom was, sy diens met 200 kanale geskep met die mikpunt om dit tot sowat 1 000 uit te brei.

Oor die een vraag wat die skeptici dikwels vra - of Suid-Afrika se breëbandspoed vinnig genoeg is om 'n doeltreffende televisiediens aan te bied - sê Matthyser dat die 3 gigagreep per maand wat tans vir Telkom se breëbandkliënte beskikbaar is, meer as genoeg is om vir televisiedienste te gebruik.

Hy voorsien dus nie bykomende groot beleggings in nog breëbandwydte nie, maar sê dat dit uitgebrei sal word namate die behoefte daaraan ontstaan.

In Australië word bepaalde mediadienste selfs oor inbel-internetdienste beskikbaar gestel.

Telkom beskik oor 270 000 internetkliënte waarvan 120 000 ASDL-lyne het, wat beteken daar is reeds 'n grondslag vir 'n netwerk wat die grense van vermaak in Suid-Afrika in die afsienbare toekoms gaan verskuif.

Comments:
Just to clarify

The article is not about using rugby in pod-casting, but about the underlying technology and that Telkom wants to grow the use of broadband by adding content to the internet
 
I will try to get Mr Mathysser to comment on this article, as alternative information-casting is definately an area of interest to me.

Hey RAS- wat is your take on this my Anglo Brother?

maybe to busy making green tomato chutney ;-)
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]