Friday, January 27, 2006

Verdediging is belangrik

CUT & PASTED from www.volksblad.com- but a piece of good news

Man wat span glo besteel, aangekeer
Jan 24 2006 11:02:03:677PM - (SA)
Hendrik Cronjé

DIE Vodacom-Cheetahs se plettervatte word nie sonder rede as die voorste lakwerk deur enige Suid-Afrikaanse rugbyspan beskou nie.

Selfs nie ’n glibberige grypdief kon ’n gaping in die Cheetahs se verdedigingslinie vind nie.

Die vermeende dief, ’n 20-jarige jong man van Bloemfontein, het verlede week sy eerste verskyning by die oefening van die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs by die Oud-Greys-velde in Bloemfontein gemaak.

Hy het toe na bewering verskeie spelers se drafskoene, selfone en horlosies gesteel.

Maandag was hy terug en het hy glo Hannru Haupt, flank van die Vrystaat, se drafskoene, horlosie en selfoon gesteel. Mnr. Jaco Peyper, bestuurder van die Cheetah-spanne, het toe die Vodacom-Cheetahs se gebruiklike veiligheidswag, mnr. Ernst Koalane, aangesê om gistermiddag se oefening op die Oud-Greys-velde by te woon.

Die jong man het sy kans gesien en na bewering mnr. Charl Strydom, ’n tegniese raadgewer van die Cheetahs, se videokamera gesteel. Koalane het sy oog op die man gerig gehad en hom naby ’n bekende pandjieswinkel geplettervat.

’n Klag is gister teen die jong man aanhangig gemaak en die polisie hoop om die gesteelde goedere binnekort aan die spelers terug te besorg.

Comments:
Well done ernst

Klap die bogger-

hoop die regstelsel gaan sy rol speel
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]