Tuesday, February 21, 2006

At last a new post

Article from Volksblad.com

Vrese oor haker-gaping begraweFeb 20 2006 10:22:31:517PM - (SA) Hendrik Cronjé

Druk artikel E-pos storie aan 'n vriend Verwante Berigte Cheetahs se sege vryf sout in wondeCheetahs se sege is dalk 'n keerpuntCheetah-blitse kan teenstanders nou weer slaaplose nagte geeCheetahs wen meesterlik

VRESE dat Naka Drotské se uittrede ’n te groot gaping op haker vir die Vodacom-Cheetahs in die Super 14-rugbyreeks kan laat, is Saterdag in Durban deur Tiaan Liebenberg begrawe.
Ironies genoeg het Liebenberg dit met die hulp van Drotské, voormalige Bok-haker, langs die kantlyn gedoen.
As ’n kombinasie met veral Corniel van Zyl (vierslot) het Liebenberg-hulle die Haaie in die lynstane verniel. Van Zyl, Barend Pieterse (slot) en Juan Smith (flank en kaptein) het minstens sewe lynstaan-ingooie van die Haaie in die Cheetah-sege van 27-26 afgeneem.
Van Zyl het vooraf gesê goeie lynstaanspel kan deurslaggewend wees, en uiteindelik was dié afdeling beslissend.
Kabamba Floors (flank) se drie, een van vier vir die Cheetahs, het gevolg op ’n tikkie uitmuntende spel deur Liebenberg en Van Zyl.
Eerder dat Van Zyl die bal aan Michael Claassens (skrumskakel) ná ’n ingooi van Liebenberg gee, het hy dit terug in sy haker se hande gegooi wat die Haaie aan die voorpunt van die lynstane verras het en tot Floors se drie gelei het.
Dieselfde beweging kon vroeër ook vrugte afwerp as Claassens ’n windskeef-aangee van Liebenberg met ’n oop doellyn kon raakvat.
“Ons het Saterdagoggend besluit die Haaie is eerder daarop ingestel om ons dryfmaalbewegings vanuit lynstane met Johan Ackermann (slot) te stuit. Ek het drie keer ingegooi voordat ek na Juan gestap en gesê het ek sien daai groot gaping voor en dat ons dié beweging moet uitvoer,” sê Liebenberg.
Liebenberg se ingooie was op ’n tiekie en dit was eers in die 81ste minuut van dié wedstryd dat die Haaie ’n ingooi by Van Zyl kon afneem. Die skrif was egter toe aan die muur vir die Piesangboere.
“Ek het nog nooit so baie geleer soos in die laaste tyd nie. Naka (deesdae spanbestuurder) help my baie met my ingooiwerk, veral met my stadiger ingooi op my vierslot,” sê Liebenberg.
Van Zyl, wat reeds sy stempel as ’n lynstaanman vir die Vrystaat in die Curriebeker-eindstryd op vierslot afgedruk het, het in dié wedstryd beklemtoon hy en Liebenberg vorm ’n kombinasie wat gesag in die Super 14 kan afdwing.
Liebenberg het ewe goed geskrum. “Die teenwoordigheid van Bokke soos Os (du Randt, loskopstut), Ollie (le Roux, loskopstut) en CJ (van der Linde, vaskopstut) het dinge vir my makliker in my eerste Super 14-wedstryd gemaak. Os en Ollie help my baie met my skrumwerk en ek geniet dit,” sê Liebenberg.
Cheetah-ondersteuners het steeds nie die beste van Liebenberg gesien nie. Hy is ’n puik baldraer en het ’n hoë werkverrigting. Hou hom dop, hoewel hy homself vir ’n fisieke aanslag moet staal wanneer die Cheetahs teen die Nieu-Seelandse spanne speel.
Saterdag kry Liebenberg om 19:10 op Vodacompark in Bloemfontein sy eerste smaak daarvan teen die Highlanders.

Comments: Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]