Tuesday, February 21, 2006

LOSGEMAAL

This one is published in Volksblad under : Losgemaal

The article also from www.volksblad .com

Cheetahs se sege vryf sout in wondeFeb 19 2006 09:32:58:017PM - (SA)


HOË bome vang die meeste wind.
Rassie Erasmus moet dít altyd onthou. Verlede week het dié rugbyafrigter van die Vodacom-Cheetahs voor die wedstryd teen die Haaie op webtuistes en koerante onder gifpenne deurgeloop omdat hy glo speletjies met sy spankeuses speel.
Erasmus is ook gekap oor die wyse waarop hy sy stutte inspan.
Een van die afrigters wat Erasmus oor sy stutfaktor gekritiseer het en nog verlede jaar gesê het die Cheetahs speel negatiewe rugby, is Dick Muir van die Haaie.
Ironies is dat Muir toe die breier is wat verlede week ’n verkeerde span aan die media gegee het en met ’n klomp verrassings in sy beginspan teen die Cheetahs vorendag gekom het.
Het iemand Erasmus daaroor hoor huil?
Nee.
Het Erasmus of enige ander Cheetah-speler Muir se mislukte poging om sy stutte onwettig om die beurt teen die Cheetahs in te span bevraagteken?
Nee.
Hopelik stik Muir in sy woorde, hoewel sy taktiese nederlaag teen Erasmus seer genoeg moes maak.
Net nog iets oor kopspeletjies. ’n Klomp gromgeluide is uit die noorde van die land gemaak oor Erasmus se sogenaamde speletjies met sy span wat teen die Bulle gespeel het.
Net om die ware feite te gee: tydens die nuuskonferensie die Donderdag voor die wedstryd teen die Bulle, het die Noord-Gautengers aan die plaaslike media name van ’n span verskaf met Morné Steyn en Heini Adams as skakelpaar.
Steyn het nie in dié wedstryd gespeel nie, maar Derick Hougaard wel. Hougaard en Fourie du Preez was die skakelpaar.
Kan iemand Losgemaal dan net reghelp oor wie dan werklik met kopspeletjies besig is?
Erasmus het voor die wedstryd teen die Bulle openlik in dié nuuskonferensie gesê sy span kan verander, afhangende van die toestande.
Losgemaal lag daarom oor al die kritiek wat Erasmus verlede week moes verduur.
Losgemaal beskou dit eerder as jaloesie en ’n manier van intimidasie in ’n poging deur teenstanders om die Cheetah-breier te onsenu.
Losgemaal het nuus vir hulle: Erasmus is komkommerkoel. Terwyl al die gifpenne oor die onwettige Cheetah-stutfaktor te kere gaan, het Erasmus stil-stil ’n uitmuntende flank-faktor ontwikkel.
Aanvaar dat Erasmus met sy taktiese meesterbrein die Curriebeker verower het en dit verdien.

Comments: Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]