Saturday, July 15, 2006

Spinning and "some" of its long term effects

While not 100% a RugbyUnion article- it is about the South African society- the environment in which Rugby is played. Somehow also linked to the 49to zip snotting that we recieved to day from the Wallabies?

15/07/2006 14:59 - (SA)
Flip Buys: Dink vir jouself of word slagoffer van propaganda

SOURCE: www.rapport.co.za


Die meeste mense is maklike slagoffers van propaganda, het die Franse kenner Jacques Ellul gesê. Dit is omdat hulle glo dit bestaan uit leuens en bogstories wat geen ingeligte persoon sal uitvang nie.

Mense assosieer ook propaganda met uitgediende ideologieë en politieke stelsels en glo nie dat dit nog in moderne demokrasieë voorkom nie. Hierdie onderskatting van propaganda hou nie rekening met die feit dat die moderne, gesofistikeerde propaganda sy eertydse kru en uitgediende vorme heeltemal ontgroei het nie.

Die harde agitasie-propaganda wat die massa in die verlede moes opsweep, het plek gemaak vir 'n sagte en verfynde stelselpropaganda wat staatsmag oor uiteenlopende groepe heen in die samelewing moet vestig.

Hierdie moderne vorm van propaganda het in Amerika ontstaan om vinnig eenheid te kon verkry en die miljoene immigrante wat die land in die negentiende eeu binnegestroom het, te assimileer. Sielkundige standaardisasie was die oplossing om in 'n kort tyd 'n breë nasionale konsensus onder verskillende groepe te kry.

Dit is gedoen deur die sogenaamde American way as standaard-ideo logie onder almal te vestig. Maar daar was ook 'n belangrike ekono miese dryfveer, naamlik om 'n standaard-massamens met gemeenskap like sienings en behoeftes te vestig wat die reusagtige Amerikaanse massaproduksie kon verbruik en die ekonomie kon laat groei.

Propaganda is ook in ander state in die wêreld gebruik en misbruik om nasionalisme aan te blaas en die bevolking agter die regering te verenig. Dit was ook al baie keer 'n staatmaker-strategie om mense en groepe "vrywillig" van hul identiteite afstand te laat doen ten gunste van 'n nuwe nasionale eenheid.

Dink maar net hoe dit in die ou Suid-Afrika aangewend is ter ondersteuning van die Nasionale Party. Kyk maar ook hoe propaganda in die nuwe bedeling gebruik word om steun vir die regering te mobiliseer, opponente te diskrediteer en om in grypende rassewetgewing deur die breë gemeenskap aanvaar te kry.

Maar is daar 'n verband tussen die platval van Afrikaners ná 1994 - en die feit dat die ou bedeling se stelselpropaganda geëindig het en vervang is deur nuwe stelselpropaganda?

Ellul se navorsing is boeiende leesstof. Hy sê propaganda wat skielik saam met 'n bedeling tot 'n einde kom, het 'n ingrypende invloed op die voormalige ondersteuners. Die bekende wêreld wat deur die ou bedeling se propaganda geskep is, verbrokkel en hulle voel oornag soos vreemdelinge in hul eie land.

Alles verander en alles waarin hulle geglo het, verdwyn in die omwen teling. Die nuwe stelsel skiet alles van die oue aan flarde in 'n poging om homself te vestig, en die ou bedeling bestaan nie meer om homself te verdedig nie.

Hierdie toestand lei tot die ontbinding van die groep en 'n gelyklopende disintegrasie van die individue daarvan. Hulle verloor vertroue in hulself, in die saak waarvoor hulle gestaan het, in die vorige leiers, in die lewe. Hulle onttrek hulle aan die groep, ons word ek, en vorige lewensideale lyk in die nuwe era belaglik.

Daar is 'n gevoel van woede, ontnugtering en vertwyfeling. Hulle voel belieg, selfs verraai, en onttrek hulle aan die openbare lewe . Hulle voel dat al hul opofferings verniet was en dat hulle vir die gek gehou en misbruik is deur die ou stelsel. Hulle verloor heeltemal belangstelling in hul vorige lewe en word afsydig teenoor hul gemeenskap, geskiedenis, helde, simbole, instellings en idees.

Volgens Ellul kan mense wie se propaganda skielik afgesny word, selfs begin ly aan senuwee- en sielkundige probleme en skuldkomplekse. Die nuwe stelsel se propaganda draai die krane oop in 'n poging om voormalige teenstanders te demobiliseer, sy eie geldigheid te vestig en om moontlike mededingende stelsels onder verdenking te bring. Alles van die ou stelsel word as boos voorgehou, terwyl die nuwe stelsel, sy leiers, denkbeelde en simbole besing word.

Niemand wil meer aan iets van die ou bedeling raak nie en jy plaas jouself buite die beskaafde debat as jy buite die amptelike ideologiese raamwerk dink of praat. Dít mag nie betwyfel word nie. Baie keer loop 'n groep selfs oor na die voormalige vyand, en ander kere kom die nuwe geslag in opstand teen die vorige omdat hulle nie kan glo dat hul ouers die ou bedeling gesteun het nie.

Die vraag is of die grootskaalse emigrasie van wit mense ná 1994 nie ook hieruit spruit nie. Wat kan 'n meer finale breuk met alles van die verlede wees as om uit die land en weg van die groep te trek?

Die vraag is of die meerderheid Afrikaners nie slagoffers van die ou én die nuwe bedeling se propaganda was en is nie. Baie mense het feitlik alles in die ou bedeling vir soetkoek opgeëet, en eet nou weer 'n keer heerlik saam en glo weer alles.

Die enigste antwoord is dat mense sal moet leer om vir hulself te dink en om by hul kinders die waarde van selfstandige menings in te prent. Bronne sal ook gevind moet word om onafhanklike navorsingsinstellings tot stand te bring wat grondliggende diepte-navorsing kan doen. Bemagtig mense met kennis of nog 'n geslag gaan die slagoffers van propaganda word.

Comments: Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]