Saturday, July 08, 2006

TRIES FOR CHARITY

hehehe- nows this is good- very good

It is also a good reason for the Cheetahs to score a whole bag ful of tries whenever they play

Wonder what Coach Erasmus opinion on this "FestRugby" initiative will be?

OORB

SOURCE: www.fscheetahs.co.za

Tries for Charity’

NOU druk hulle drieë vir liefdadigheid. Tafelronde Vrystaat en die Vrystaatse Rugby Unie (VRU) het hande gevat in ‘n projek waarin ses provinsiale liefdadigheidsorganisasies gaan baat vind elke keer wanneer die Vrystaat Cheetahs ‘n drie druk in ‘n tuiswedstryd in vanjaar se Curriebeker reeks.

Volgens mnr. Steph Rossouw, lid van Tafelronde Vrystaat en projekbestuurder, word hierdie projek reeds met groot sukses by die Natalse Haaie en Blou Bulle gehou. “Die projek is ‘n inisiatief van Tafelronde, maar sonder ‘n vennoot soos die VRU kan ons dit nie doen nie. Dit is ook ‘n bewys van die venootskappe wat organisasies soos Tafelronde en die VRU moet smee om hulle deel vir die gemeenskap te kan doen.

“Die twee doelgebiede op Vodacompark word in ses blokke gedeel en ‘n blok word aan elke liefdadigheidsorganisasie toegeken. Wanneer die Cheetahs ‘n drie druk in byvoorbeeld Vrystaat-versorging se blok, ontvang Vrystaat-versorging ‘n bedrag geld wat deur al tien takke van Tafelronde Vrystaat geborg word. So ontvang elke organisasie geld wanneer ‘n drie in sy blok gedruk word. Aan die einde van die seisoen, oorhandig ons dan die geld aan die organisasies. Gedurende die wedstryd sal die stadionaankondiger aankondig in watter organisasie se gebied ‘n drie gedruk is,” sê Rossouw.

Die ses organisasies wat hierby gaan baat is Vrystaat-versorging, Hospice Vrystaat, Nicro Vrystaat, Kansa Vrystaat, Reik-na-‘n-droom Vrystaat en
Childline Vrystaat.

Kontak Steph Rossouw by 083 443 7317 vir meer inligting.

Comments:
I will try to get a graphic on this and to report then the progress game by game.

Good Initiative

A BETTER GAME FOR ALL-START AT HOME
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]