Wednesday, September 06, 2006

Complacency the Reason

This letter was placed by Volksblad in its letter column on 5 September 2006.

OORB did contract Chris Booysen and publish the letter, with his consent.

Cheetahs was oorgerus

SOURCE: www.volksblad.com

Die Cheetahs se verloor Vrydagaand teen die Leeus was uiters onnodig, maar dalk ook voorspelbaar. Die Curriebeker-kompetisie gaan nou ’n fase in waarin Rassie nie meer behoort te “eksperimenteer” nie. ’n Mens kan die veranderde intensiteit in die ander wedstryde begin sien.

Die feit dat die Curriebeker-kampioen en eersteplek-houer op die puntebord teen rustyd met 22-0 agtergeloop het, bewys dat hulle dié wedstryd met oorgerustheid en ’n uiters sorgsame gebrek aan dringendheid benader het.

Die res van die land se rugbyliefhebbers het almal al besef dat dié Leeu-span ’n totale transformasie ondergaan het en hulle nou oor ’n afrigter beskik wat vir Rassie en al die ander afrigters kan troef.

Die Cheetahs wat midde-in hierdie kompetisie staan, moes dit nog meer en duideliker besef het. Die feit dat ’n verloor in die wedstryd nie die Cheetahs se status in die eerste vier plekke op die “log” kon beïnvloed nie, kon ’n rol gespeel het.

Maar al is dit die geval, het dit wel ’n postiewe invloed op opponente se persepsie en vertroue dat die Cheetahs maklik geklop kan word.

Chris Booysen
Kroonstad

Comments:
Baie interessante mening Chris

Die wedloop na die voordeligste plek op die ranglys-No 1- het so pas moeiliker geword.
 
Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]