Friday, May 25, 2007

All about forecasting

From Volksblad

Kaartjiepryse ontstel
May 25 2007 08:56:15:383PM - (SA)


In die jare negentig het Japan ’n tydperk van deflasie binnegegaan, wat rampspoedige gevolge vir sy ekonomie gehad het. Pryse van verbruikersgoedere en eiendom het begin val. Mense het dus koopbesluite uitgestel omdat hulle (korrek) verwag het dat, as hulle net bietjie sou wag, goedere en eiendom goedkoper sou word.

Ons het die Vrystaatse Rugby-unie al verskeie kere met ons teenwoordigheid ondersteun al woon ons naby Pretoria. Saterdag kuier ons weer in die Rosestad, maar ek wonder of ek dit na dese weer gaan doen. Die vier toetskaartjies wat ek teen volprys ’n paar weke gelede gekoop het, plus die rit van bykans 1 000 km Bloemfontein toe en terug, gaan my ’n aardige bedraggie kos. Gister begin ek hoor dat ek ’n gek was, nadat ’n plaaslike radiostasie kaartjies vir die toets begin weggee het in ruil vir ’n kombers vir die armes. Daai einste peperduur kaartjies se prys is voorts met bykans 40% verminder.

As ek bietjie gewag het, kon ek veel lekkerder in die biertuin gekuier het. Die Vrystaatse Rugbyunie het waarskynlik begin paniekerig raak oor die halfvol stadion, iets wat ongetwyfeld veroorsaak was deur hul eie gierigheid en die gevolglike laai van kaartjiepryse na onrealistiese vlakke. Ek voel oor Vodacompark soos ’n Japannese verbruiker destyds moes gevoel het. Volgende keer gaan ek sweerlik wag totdat die gierigaards weer begin bekommerd raak omdat niemand hul peperduur kaartjies wil koop nie.

Anton Barnard

Centurion

Comments: Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]





<< Home

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

Subscribe to Posts [Atom]